Anina Potgieter is die eienaar en oogkundige in die praktyk. Sy het by RAU gestudeer en het ‘n passie vir goeie kwaliteit werk. Sy het ‘n Sertifikaat in Gevorderde Studies ontvang van die Graduate Institute of Optometry en sy woon voortdurend kursusse en lesings by om op hoogte te bly. Sy kan ook baie lekker gesels oor al die berge wat nog geklim moet word of die waarde van kinders wat vroeg moet gaan slaap…

Subet Ludick is aan die stuur van die praktyk- administrasie. Sy is bedrewe met die rande en sente, afsprake, voorraad en alle dinge-wat- gedoen-moet-word. Sy hou van ‘n goeie boek, sy kan hekel en is die “ma” van twee miniatuur Dobermans en ‘n kat.