Welkom 2017
January 18, 2017

Mag 2017 vir elkeen vreugde en vrede inhou.

Ons begin die nuwejaar in met twee nuwe personeellede. Jacolien Bartolini is ‘n gekwalifiseerde brilopmaker.Sy is baie bekwaam en geniet alles wat bril- verwant is. Subet Ludik werk reeds 12 jaar as administratiewe bestuurder en het onlangs Kaap toe verhuis.

Kyk ook uit vir Lightec brilrame. Hulle word deur Morel ontwerp, ‘n Franse maatskappy wat sedert 1880 bestaan. Die rame is veerlig weens tegnologies gevorderde materiale en slim ontwerp.