Welkom 2016!
January 18, 2016

Mag elkeen van julle gesonde sig, insig en ‘n visie vir jouself en jou gesondheid hê in 2016.

Onthou die basiese beginsels vir gesonde sig: dra sonbeskerming, doen gereeld matige oefening, neem goeie kwaliteit aanvullings, besoek elke 18 maande die oogkundige en dink voor jy eet…

Ons het tot einde Februarie gratis kontaklens promosies op Proclear 1 dag kontaklense, Total 1 kontaklense en Dailies Aqua. Koop ‘n 90 pak en ontvang 30 gratis lense.

Wees op die uitkyk vir ons nuwe brilraamreekse soos Boss Orange, Tag Heuer, Guess, Givenchy, Dutz en nog ander opwindende reekse.