MalawiMozambiqueAngola
LoveWinsAfrica
June 5, 2017

Wintertyd is sinoniem met onder die komberse inkruip en al die boeke lees wat heel Somer vergete gebly het. Dis ook die tyd van die jaar wanneer ons tweedehandse leesbrille na LoveWinsAfrica stuur. Elke leesbril word gediens en kry ‘n brilkassie en lappie. Dit word dan per hand afgelewer in Vilancoulos waar dit selektief uitgedeel word aan vroue in die verskeie Vroue Leesentrums in Mosambiek, Malawi en Angola. So as jou leesbril  vervang moet word, onthou om die ou een te skenk, elke bril maak werklik ‘n verskil.