The look of love
Liefde met die eerste oogopslag
February 13, 2017

Restaurante en romantici slaan die spyker op die kop wanneer hulle die ligte dof en kerse aansteek. Die oë en liefde is fisiologies meer verbind as wat ons dikwels besef. Sagte beligting steek nie net die plooie weg nie, maar dit vergroot ook ‘n mens se pupille.

Vele studies het al gewys dat ‘n mens se pupille vergroot wanneer jy opgewonde is oor iets, of iemand. Díe onbewuste teken gee nie net die groen lig nie, maar dit laat ook vroue aantreklike voorkom.

Hess et al het in die 1960′s studies gedoen oor die effek van pupilgrootte op aantreklikheid. Beskrywings soos “sag” en “mooi” word gebruik vir vroue met groter pupille. Hierdie konneksie is 500 jaar gelede al deur Italiaanse vroue benut. Hulle het ‘n krui ekstrak van die Belladonna plant gemaak om hulle pupille te vergroot. Belladonna beteken “Mooi dame”.

So, volgende keer wat jy wil beïndruk kan jy gerus die kerse aansteek en jou oë die praatwerk laat doen.